Primum mobile

Die engel van die Primum mobile, uit die E-reeks van die sogenaamde Mantegna Tarocchi.

Die Primum mobile (Latyn vir "eerste beweegbare (sfeer)") was in die klassieke, Middeleeuse en Renaissance-sterrekunde die buitenste bewegende sfeer in die geosentriese model van die heelal.[1]

Die begrip is deur Ptolemaeus uitgedink om rekenskap te gee van die oënskynlike daaglikse beweging van die hemel om die aarde, wat gelei het tot die beweging van die son en sterre van oos na wes.[2]

  1. T.H. Greer, A Brief History of the Western World (2004) p. 419.
  2. G. Galle, Peter of Auvergne (2003) p. 233.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search